G Signature handgedraaide penne was gestig in 2009 en my liefde vir houtdraaiwerk het net meer opwindend geraak met meer delikate draaiwerk in die vorm van natuurlike hout . Hierdie vorm van kuns bied die houtsneewerker en die klient baie bevrediging, want elke stuk word noukeurig gedraai, is uniek en word daarna versorg, om nie af te steek by jou huidige penversameling nie.
G Signature penne het alle sorg getref om seker te maak dat die beste kwaliteit produk in jou hand beland, om daardie nodige handtekening met klas en styl neer te lê op papier of net sommer op die lessenaar te laat pronk .Ons poog om die spog produk teen die beste prys moontlik aan die klient te bied. Ons bied ook die geleentheid aan die klient om ons penne as korporatiewe geskenke aan te koop. Ons beding graag beter pryse met groter bestellings. G.Signature maak gebruik van die volgende tipes hout: Olienhout, Kaapse Swarthout, Kiaat, Tambotie, Knoppiesdoring, Aromatiese Seder hout, Boekenhout en Esdoring. Ons draai ook met acrylic plastiek vir die meer gewaagde penliefhebber. |
G Signature Pens was established in 2009. My love of woodwork increased when I started more precise wood turning with natural wood. This art form is is very rewarding to both the woodworker and the client, as each piece is carefully turned and treated to produce a unique pen, which will fit perfectly in your current pen collection.
G Signature Pens has taken every step to ensure that you will receive the best quality product, allowing you to sign documents with style, or simply have an elegant work of art on your desk. We aim to provide an excellent quality product at the best possible price. We also offer our clients the opportunity to order our pens as corporate gifts and we will gladly negotiate better prices for quantities ordered. G Signature Pens makes use of the following types of wood: Wild Olive, Cape Blackwood, Teak, Knobthorn, Aromatic Ceder, Cape beechwood ,Tamboti and Maple. We also turn acrylic plastic for the more adventurous pen collectors. |